Hilde Burger & Liezl van Wyk Pers Lyrics
Jy glo in meer as wat ek is
jy sien nie eers die put waarin ek saggies weg wil sink nie
en vra ek meer as wat jy het
voel jy deur jou diepste sak en gee die laaste bietjie
sonde verset
jy meet my lyf in liefde
vergeet my kwaad soos 'n droom
maar hierdie lente word 'n herfs
en hoe ek ook probeer om reg te maak
bly die wolke
pers
jy hoor my vals note nooit nie
sien nie eers die dowwe kleur wat deur my
wimpers loer nie
en dwaal ek myle van myself af
loop jy agterna en tel my stukke op jou rug
jy weeg my siel met deernis
versteek my foute in jou oë
maar hierdie lente word 'n herfs
en hoe ek ook probeer om reg te maak
bly die wolke
pers
See also:
JustSomeLyrics
123
123.101
Gladys Knight 007: Licence To Kill Lyrics
Groundhog Day Heidik Lyrics